Great Brak River | De Vette Mossel

De Vette Mossel

Route Number:

F24

Physical Address:

Op ‘n afgeleë strand tussen Groot- en Klein-Brakrivier
(aanwysings vanaf R102)

GPS Coordinates:

S34°3'45", E22°12'53"

Contact Number:

079 339 0170

Hours:

Vakansies elke dag.
Buite seisoen:
Saterdae vanaf 18:30 tot 21:30 of later
Sondae vanaf 12:00 tot 15:00
Julie/Augustus: gesluit

For the beste seafood ever...

De Vette Mossel bied veel meer as net perfek-voorbereide seekos in oormaat - hierdie is 'n ervaring in ongewone omstandighede, letterlik op die strand, saam met ou - en nuwe - vriende. Skop uit jou skoene, skink 'n glas van Kaapse Wynland se heel bestes en tuur oor die see. Eet vir drie uur soveel van die 16 disse van 'n rollende buffet as jy wil - of kan!

Hier eet jy seekos soos waarskynlik nog nooit tevore nie. Nes ons langs die Weskus maak. Ook vleispot en ander bydisse, maar dit is veral seekos wat jy by ons gaan proe. Bring jou eie koelhouer met drankies, koeldrank, ys en glase - daar is geen kurkfooi nie. Besprekings noodsaaklik. Eetsessies is stiptelik van 12:00 tot 15:00 en weer van 18:30 tot laat. R230 per volwassene, kinders teen R100 (laerskool) en R50 (voorskools). 'n Heel kreef is R150 addisioneel.

Hoewel 'n opelug-restaurant, is alle sitplekke goed beskut teen wind en reën. De Vette Mossel leen hom dus uitstekend tot werksfunkies, jaareindfunksies, verjaarsdagvieringe en spanbousessies. Spesiale reëlings vir groepe groter as 30. Daar word ook gereeld droomtroues reg op die strand gehou - kom gesels met ons vir 'n waarlik onvergeetlike troudag-ervaring!

Visit our Facebook page

Cycle Friendly Spot


DE VETTE MOSSEL Sunday 1 March 12h00-15h00

E-mail address: nelmar@vodamail.co.za
© Anelma Ruschioni
Any usage of all logo's and trademarks are prohibited
Site by:  WebWorX